DIE FAMILIEDOKUMENT

Die volledige leesargief.

Die aangelewerde dokument se teks word hier behou, met sy oorspronklike spelling, sienings en onsekerhede. Die webwerf se ander bladsye bied geredigeerde opsommings.

Navorsingsnota
Die bron gee verskillende datums vir Hendrik se afsterwe (10 en 17 Desember 1765) en sy seun Jurgen se doop (1740 en 1741). Sy plek van herkoms en die moontlike verwantskap tussen die eerste twee stamvaders bly onseker.

BRONTEKS

Heinrich Schumacher / Hendrik Schoeman

Heinrich Schumacher(Hendrik SCHOEMAN)

Gebore circa 1702 – oorlede 17 Desember 1765.

LEWENSKETS:

Heinrich Schumacherse plek van herkoms word in die V.O.C. soldyboek aangegee as “Bosha” – waarskynlik Bosau, ‘n klein nedersetting geleë aan die oewers van die Grosser Plöner See meregebied en bekend vir die St. Petri Kirche wat dateer uit 1152 n.C. Familiename het dikwels uit feodale beroepsname ontstaanen minstens drie burgers van Bosau het glo aan die begin van die agtiende eeu hier ‘n skoenmaker ambag beoefen. Die beroepsnaam Schumacher is dan ook afgelei vanuit die Middelhoogduits ‘schuoch’ wat skoen beteken en die Duitse werkwoord ‘machen’ – om te maak. Daar is egter geen inskrywing in die doopregister, of in die gemeentegeskiedenis soos opgeteken deur pastoor Christian Westhofin 1709, van die familie Schumacher, Schumann, of Schoenmakernie.Eenvoudige burgers soos Heinrich het inderdaad nie altyd ’n van gehad nie en dit was ook geensins problematies om ’n van te verander nie. Eers in 1771 word ’n dekreet afgevaardig deur Christian VII van Denemarke dat familiename gebruik moet word, maar selfs dit is grootliks geïgnoreer. Die afdwinging van ’n wettige familienaam het eers plaasgevind met die uitreik van die Dekreet van Napoleon in 1811. Dit is natuurlik ook moontlik dat met “Bosha”eintlik Büsum bedoel was – ‘n plekkie naby Friederichstadt aan die Noordsee in die distrik Dithmarschen.Een hipotese wat aangebied word, is dat Heinrich Schumacher in Friedrichstadt in die distrik van Nordfriesland in Schleswig-Holsteingedoop is. Hy sou dan as weeskind van die Groot Noordelike Oorlog van 1700– 1721en samelopend daarmee, dieuitbreek van Builepes, wat sy piektussen 1708–1712 bereik, by familie in die omgewing van Bosau, of dan Büsum grootgeword het.

Name is belangrik. Dit koppel ons aan die erfenis van diegene voor ons, sowel as diegene wat ná ons kom en gee ons ‘n standaard waarvolgens ons kan lewe.Die naam Heinrich Schumacher kanin geen amptelike Suid-Afrikaanse dokument verkry word nie en verskyn slegs in C.C.De Villiers en C. Pama se boek; “Geslagsregisters van ou Kaapse Families”. Die van Schumacher is blykbaar die eerste keer in Beiere gevind, maar is goed bekend in die Schleswig-Holstein deelstaat.So toon historiese rekords byvoorbeeld ene Heinrich Schumacher gebore in1606 in Wohltorf sowat155 km van Friedrichstadt en Jürgen Schumacher,gebore in 1664 in die hawestadLübeck, slegs sowat 35 km van Bosau, terwyl Johan Janssen Schumacher, circa 1700 en oorlede in 1758 van Grossefehn in Nedersakse,’n tydgenoot was van Hendrik.Die premisse is dat Hendrik se van waarskynlik verhollands is,sodat die vorm Schoenmaker voorkom in dokumente wat met sy dienstyd by die VOC oor die jare 1724 – 1734 verband hou en word dit vanaf 1737 as Schoeman aangegee.

In die Drakensteinse huweliksregister, toe Hendrik na die dood van sy eerste vrou hertrou met Johanna Botha op 7 Oktober 1759, word die nabygeleë Friederichstadtinderdaadas doopplaats opgeteken.Daarenteen is “Bosha” aangeteken as sy plek van herkoms toe hy voorheen,ook op die 7deOktober, met Martha Olivier getroud is.Skynbaar was 7 Oktober ’n besondere datum vir Hendrik Schoeman en was ditook die geboortedag van koning Frederik l van Denemarke en Noorweë, wat ’n sentrale rol gespeel het in die verspreiding van Protestantisme in Denemarke.

Friederichstadt, "Stadt der Toleranz" – ‘n plek van verdraagsaamheid in ’n tyd van geloofsvervolging in Europa, is in 1621 gestig en vernoem na sy stigter hertog Frederik III van Schleswig-Holstein-Gottorp. Hierdie stadjie met sy sigbare Nederlandse erfenis is geleë aan die Weste van Sleeswyk tussen die Treene en Eider riviere, met laasgenoemde wat in die Noordsee vloei.

Na eeue van Kruistogte het die koms van die Hervorming in die vroeë 16de eeu , wat die leerstelling van aflate – die geestelike beloning wat aan kruisvaarders gebied is verwerp het,die pouslike gesag ondermyn en die aandag verskuif na nasionale belange en godsdienstige konflik in Europa.In die vroeë 17de eeu het die streng Calviniste die liberale Remonstrante vervolg en moes baie Nederlanders Holland verlaat weens hul geloof. Hertog Friedrich III het setlaars nodig gehad wat dreinering en grondherwinning verstaan ​​en gevolglik die bekwame Nederlandse vakmanne en handelaars daarheen genooi om ‘n dorp in die moerasagtige laaglande tussen die Eider en Treene te bou, reg in die middel van een van die mees vernietigende oorloë in die Europese geskiedenis. Nederlands is as ‘n amptelike taal behou en die markplein is omsoom met statige Nederlandse meenthuise sonder enige kerkgebou.As basis vir ‘n gelyke naasbestaan ​​van verskillende godsdiensgroepe, is al die kerke in die systrate geplaas, en sodoende is geen geloof meer prominent voorgestel nie.

Die hertogdomme Schleswig-Holstein vorm ‘n skiereiland tussen die Suidelike grens van Denemarke (Jutland) en die Elberivier, met Sleeswykwat direk noord van Holsteinlê op die Jutland-skiereiland.Deense konings regeer aanvanklik eers oor Sleeswyk en uiteindelik ook oor Holstein vanaf 1460 tot met die die Vrede van Wene in 1864, toe Denemarke die hertogdomme aan Pruise moes afstaan. Na die Duitse nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog het is ‘n referendum in 1920 gehou, om vandag se grens te bepaal: Noord-Sleeswyk het deel geword van Denemarke terwyl Suid-Sleeswyk in Duitsland val. Tog het minderhede aan beide kante gebly.

Die oorwinning van Friedrichstadt deur tsaar Pieter die Grote op 12 Februarie 1713 (Peter Schenk).

Die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) wat aanvanklik ontstaan het as ’n godsdiens konflik tussen Protestante en Katolieke, het ’n verwoestende uitwerking op groot dele van Europagehad. Feodalisme het voortgeduur en die proses van onderwerping verhaas. Seeoorlogvoering het oor die seë gereik en die koloniale vorming van toekomstige nasies beïnvloed. Ook Hendrik het sy jeug deurgebring in ’n tyd van oorloë en siektes in ’n donker Europa. Dit was ’n tydperk van ongunstige klimaat, wat gekenmerk is deur kouewinters – 1709 was glo die koudste winter in 500 jaar in Europa, toe meeste van die bevolking op byna bestaansvlak geleef het.

Die Schleswig-Holstein Lied “Wanke nicht, mein Vaterland”, ook bekend as Schleswig-Holstein, meerumschlungen (Schleswig-Holstein, omhels deur die see) word hier gesing deur die Lübecker Knabenkantorei in Februarie 2012 onder leiding van Helmut Wormsbächer. Dit is in 1844 gekomponeer deur Carl Gottlieb Bellmann en die outeur vir die 1998Schleswiger Sängerfestwas George L. Sothilander.

Die Westerse wêreld het aansienlik uitgebrei tussen die 15de en 17de eeue, in ‘n tydperk bekend as die “Era van Ontdekking”. Dit is gevolg deur die ‘Era van die Verligting’, wat op die mens en die samelewing gerig was en klem gelê het op die rede en die intrinsieke waarde van die individu. Stradivari maak in die tyd sy beste viole endie Adventkantate Herz und Mund und Tat und Leben (Hart en Mond en Daad en Lewe), BWV 147, word deur Johann Sebastian Bachin sy eerste jaar as Thomaskantor gekomponeer – “Jesu, Joy of Man’s Desiring" is die gewilde Engelse titel van die 1723 koraal. In 1721 het die Deense sendeling Hans Egede probeer om kontak met die Viking-nedersettings in Groenland te herstel. Hierdie nedersettings wat deur Erik die Rooie (ca. 950–1003), oorspronklik Erik Thorvaldsson van Noorweë gevestig is, het eeue tevore op geheimsinnige wyse verdwyn.

Ook die latere Piëtisme-beweging as Protestantse verskynsel van internasionale omvang, vertoon ’n spirituele etos van godsdienstelike selfbegrip en verdraagsaamheid teenoor ander, kontekste vasgevang deur die Duitse filosoof Immanuel Kant met die frase “Sapere aude” – die uitdaging om te weet.

Die VOC, wat in 1602 gestig is, was ’n handelsryk wat die hele gebied rondom die Indiese en Stille Oseaan beslaan het en’n voorloper was van vandag se multi-nasionale maatskappye.Die personeelbehoeftesvir matrose en soldate kon nie uit Hollandalleen bevredig word nie. Vir buitelanders met ’n mate van opleiding en voldoende kennis van Nederlands, het die VOC dus geleenthede gebied en dit wil voorkom of veral Duitsers oor die algemeen ’n goeie reputasie as werknemers gehad het. Vir Hendrik word dit ‘n paradigmaskuif vir emansipasie uit sy armoedige bestaan.

In die publikasie “The growth of literacy in Western Europe from 1500 to 1800” deur Robert Houston, professor in moderne geskiedenis, word gemeld dat hoewel Wes-Europa na die uitvinding van die drukpers grootliks kon lees, sosiale faktore veroorsaak het dat min die vermoë gehad het om te skryf. Teen 1720 sou slegs een vyfde van die mans hul handtekening kon maak in gedeeltes van Jutland. Hendrik, soos meeste van sy tydgenote was ongeletterd en dit is daarom onmoontlik om sy pad na Nederland te rekonstrueer. Van Gelder herinner ook dat dit nooit groot groepe was wat gereis het nie, maar altyd individue, met hoogstens ’n vriend of twee broers. Oorland van een dorp na die volgende sou ’n lang en gevaarlike tog wees, selfs vir ’n avontuurlustige jongman, maar Friedrichstadt is slegs ongeveer 15 kilometer van die klein hawestad Husum, wat gedurende die Kompanjiestyd heelwat mans in diens van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) na die Kaap gestuur het. Ook die nabygeleë hawestad Hamburg, was sedert die middeleeue ’n belangrike handelsentrum in Europa.

Die hoofkantoorgebou of “D’Oostindische Kamer tot Middelburgh” in Zeeland. Uit hierdie gebou is die matrose gewerf en betaal.

Dit was dan ook deur die Kamer Zeeland in Middelburgh, Holland dat “Hendrik Schoenmaker” uit “Boza” in diens geneem is as jong matroos. Hy vertrek met die Paasvloot op 1 Junie 1724 vanaf Fort Rammekens (wat die toegangsroete tot die hawe Middelburg beskerm het),en arriveer op 21 Oktober 1724 aanboord die Oos-Indiërvaarder Meijenburg onder kaptein Christiaan Danielz aan die Kaap. Hendrik se aankoms het plaasgevind presies in die middel van die Kompanjiestyd aan die Kaap toe die stadige agteruitgang van die VOC reeds begin het.De la Fontaine het in 1721 sekunde geword onder goewerneur Maurits de Chavonnes en na die se dood, waarnemende goewerneur vanaf 8 September 1724. Hendrik se aankoms aan die Kaap, het saamgeloop met die tydperk van Jan de la Fontaine, wat die agting van sowel die burgers as die amptenare van die Kompanjie geniet het.

Hendrik gaan op 20 November 1724 ’n leenkneg dienskontrak aan met die vryburger en stamvaderCasper Hendrik Badenhorst (“Caspar Heinrich Batenhorst”)voor die amptenaar en latere Goewerneur Rijk Tulbagh, wat hom in staat stel om die Kompanjiesdiens op te skort en op die plaas Klipheuvel“gelegen aan de Mosselbankrivier” agter Paarlberg, die latere distrik Malmesbury, te gaan boer. Leenknegte aan die Kaap was soldate of matrose wat uit die Kompanjie se arbeidsmag aan vryburgers geleen is en die werkgewer hetdan die die kneg se lenings wat hy aangeteken het vir sy skeepskis, uitrusting, onderdak en kos, totdat die skip uit Holland vertrek het, by die Kompanjie oorgeneem. Die woord kneg verwys in Nederlands na enige manlike werknemer en het mettertyd aan die Kaap met sy toenemende klassebewussyn, die betekenis gekry van ’n Europese “vrijeluiden dienaar”. Dit het die jong avonturier die geleentheid gebied om sy nuwe tuisland te verken en hom voor te berei op ’n onafhanklike toekoms. Op 14 Januarie 1733 gaan Hendrik sy laaste dienskontrak aan met Marguerite (Margaretha) de Villiers namens haar eggenoot Gideon Joubert. Hy rig ook’n versoek “Aan de Wel Edelen Gestrenge Heer Jan de la Fontaine, raad extraordinaair van Nederlands India en gouverneur van Cabo de goede hoop”om hom uit die diens van die Kompanjie te ontslaan en “met het burgerregt deesen plaatze te begunstigen.“Op 18 November 1734, tien jaar na sy eerste dienskontrakword “Hendrik Schoenmaker in vrijdom gesteld” soos aangeteken deur Willem van Kerkhoff in die kladnotule van die Politieke Raaden verbind hy sy toekoms aan die land.

Vryburgerskap aan die Kaaphet volgens Prof. Gerald Groenewald van die Universiteit van Johannesburg, die geleentheid gebied om deur die meganisme van entrepeneurskap,welvaart te skep.As vryburger gaan Hendrik op 12 Julie 1736, met Gideon Joubert en Elias Nel as borge, voor raadslid Johannes Tobias Rhenius ’n beduidende lening van ongeveer 12000 gulden aan by Jan Christoffel Beck van die plaas Goedgeloof in Constantia. Dit sou voldoende wees vir ’n deposito op ’n gevestigde werkende plaas, maar vreemd genoeg word Schoeman in die tyd nêrensas plaaseienaar aangegee nie.In 1723het De La Fontaine oor Jan Olivier aangeteken, ‘Heeft land maar niet min schulden”, wat die moontlikheid laat dat Schoeman die leningsou kon gebruik het om by sy skoonvader Jan Olivier se boerdery in te koop.Hierna onderteken Hendrik ook sy testament met Gideon Joubert as testateur en Adam Barnard as getuie, waarin hy onder andere 100 Kaapse guldens aan die diakonie vir die armes van Drakenstein bemaak. Ongelukkig sou hierdie skuld aan Beck twintig jaar laterlei tot die gedwonge verkoping van sy goedere, toe Hendrik sefinanansiële posisisie minder gunstig was.

In ’n artikel oor die relatiewe welvaart van die vroeë Kaapse setlaars deur professor Johan Fourie van die departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, blyk dit dat die gemiddelde welvaart van die Kaapse huishoudings vanaf aanvanklik lae vlakke, skerp gestyg het in die 1730’s tot relatief hoë vlakke in die 1740’s,gevolg deur’n periode van insinking wat duur tot om en by 1770. Rijk Tulbagh, wat as 17 jarige in die Kaap aangekomheten as tydelike assistent van die sekretaris van die Politieke Raad aangestel is,het in 1751, tydenshierdie depressie goewerneur geword. Reisverslaein die vroeë 1780’sverwys weereensna welvaart en rykdom in die Kaapkolonie, waarna ‘n ernstige finansiële ineenstortingvolg vanaf 1788-1793,hoofsaaklik as gevolg van liberale kredietverlening en internasionale onsekerheid.

0p 7 Oktober 1736 word “Hendrik Schoenmaker van Bosha, burger van Stellenbosch ” en “Martha Olivier van Cabo de Goede Hoop”, ‘n kleindogter van die stamouers Hendrik en Beatrix Olivier, in die grasdakkerkie van Drakenstein in die Paarl deur ds. Salomon van Echten in die huwelik bevestig.

Beatrix Verwey van Woerden, die weduwee van Hendrik Olivier was een van die eerste groep setlaars wat weiland in die Land van Waveren bekom het. Sy was bekend as ‘landbouweresse’ en op haar versoek word die plaas Lowssenklip (Louisklip) aan die Klein Bergrivier (waar die wapad oor die drif loop) deur die ‘kaartenmaker’ Slotsboo uitgemeet en verkry sy ’n erfbrief vir die leenplaas in 1714. Hier, in die hoek van Roodezand in die Waverenvallei (Tulbagh), wat net deur die Roodezandskloofpas (die latere Oudekloof) deur die Winterhoekberge bereik kon word, het Hendrik aanvanklik saam met die Oliviers geboer.

Nadering tot Roodezandpas met die Klein Bergrivier in die agtergrond (Henry Salt).

In 1745 verkry Schoemanvan landdros J.T. Rhenius jr. van die pas gestigte distrik Swellendam, op gebruiklike wyse teen betaling weidingsregte op die veeplaas “over de Coggemans Cloof aan ’t Kruyspat”. Hierdie kloof wat vernoem is na die Cochokwastam, was die toegangsweg tot die breë vallei tussen die Langeberg en die Swartberge, wat as Kannaland bekend gestaan het en vandag die Klein Karoo genoem word. Die eerste pad was maar ’n ruwe waspoor wat die Kogmansrivier gevolg, en verskeie kere gekruis het, totdat Thomas Bain die pas in 1887 voltooi het. Agter-kogmanskloof is later na John Montagu, die Koloniale Sekretaris vir die Kaapkolonie, vernoem waar die dorp Montagu in 1851 uitgelê is. Die Suid-Afrikaanse historikus Dr. André Appel se studie oor die sosiaal-ekonomiese geskiedenis van die distrik Oudtshoorn, wys daarop dat Hendrik een van die eerste veeboere was wat die trek vanaf Kogmanskloof in ’n Noord en Noord-Oostelike rigting aangedui het.

In 1761 verhuis Frederick Botha na Kruispad, die voormalige plaas van Hendrik Schoeman, in dieselfde jaar dat laasgenoemde en sy swaer Ockert Olivier hul gesamentlike plaas “by ’t warm water” verlaat. Na die dood van sy eerste vrou gaan Hendrik ‘n tweede (kinderlose) huwelik aan met Botha se twintigjarige dogter Johanna Dorothea Botha, gedoop op 19 Julie 1739. Hendrik sterf op 17 Desember 1765 by “Kruyspad agter de Coggemans Cloof, op de plaats van sy skoonvader Frederick Botha” in die Swellendam distrik, hoewel 10 Desember ook in die sterfregister van die Kaapse Weeskamer aangetoon word. Op 26 Februarie 1769 het die weduwee Johanna Botha, ‘n agterkleinkind van die stamvader Friederich Both, weer in die huwelik getree met die wewenaar Pieter Labuschagne.

BRONTEKS

Nageslag en epiloog

NAGESLAG;

Hendrik se oudste seun, Johannes Hendrik Schoeman, vestig hom in 1765 op die plaas De Rust “Aan d’ Olyphants Rivier”. Dieselfde "leningsplaas" word weer in 1775 aan J.H Schoeman en R van Jaarsveld toegeken, waarna eers Marthinus Bekker, ‘n kleinseun van Hendrik Schoeman, en daarna Petrus Johannes Meiring, na wie Meiringspoort vernoem is, eienaars word. Na dié se dood in 1876, het die kinders uit sy huwelike met die weduwee Alida Bekker (Pitzer) en Catharina Geldenhuys verskille gehad, en het O.P. Hoole in besit gekom van die plaas.

De Rust by die ingang na Meiringspoort.

Toe dit in Maart 1899 op ‘n vendusie opgeveil word aan Johannes Jurgens Schoeman en Stephanus D. P. le Roux, is dit deur afslaer ene Mnr. James A. Foster in “Die Oudthoorn Courant” geadverteeras: “De Plaats, DE RUST, is 1550 morgen, 402 vierkanten roede groot, 100 morgen benat, terwyl groote uitgestrektheid op dit eigendom nog kan bebouwd worden. De Plaats “ De Rust” met haren nimmer ophoudende stroom water is een der beste zoo al niet de allerbeste zaaiplaats in die Zuid Westeliken Distrikten. Zy ligt aan den ingang der Meiringspoort, en uit een commercieel oogpunt beschouwd, zal zy een allerkosbaarst eigendom worden, daar zy voorzeker de verzendingstatie zal worden van al de goederen  voor de groote uitgestrektheid  lands aan den anderen kant der Meiringspoort”.

Die NG kerk op De Rust.

Johannes Jurgens Schoeman, ook bekend as Jurie De Rust, was die seun van Johannes Jurie Schoeman en Anna Catharina Botha en ’n kleinseun van Jurgen Schoeman.Hy het opVlakteplaas geboer toe hy met die 16 jarige Caterine Elizabeth Keyter op 18 Julie 1876 in die woning op Muragie trou en na haar oorlyde, met die weduwee Anna Christina Olivier.

By geleentheid van ’n kerkraadsvergadering op Oudtshoorn op 18 Maart 1899 het ouderling Jurie Schoeman die vergadering meegedeel dat hy en diaken S.D.P. le Roux ’n plaas genaamd De Rust gekoop het, met die doel om ’n nuwe gemeente stig.De volgende uittreksels uit die ringsverslag van die Ring van George bevat die vernaamste besluite: “De Heer Jurie Schoeman deelt mede dat hy met de Heer S. le Roux overeengekomen is om een stuk grond voor een dorp van hunne plaats, De Rust, te laten uitsnyden, en dat zy de commissie de volgende aanbiedingen zullen doen: a. Een morgen en half bouwgrond voor kerk en pastorie. b. Een halven morgen droog grond voor een school. Deze stukken grond kunnen naar goedvinden uitgekozen worden. c. Voorts geven zy ook een morgen droog grond voor een markt en een geschikt stuk grond voor eene begraafplaats. d. Van elke erf binnen het stuk grond door hen aangewezen zullen zy 5% van den verkoopprys afgeven aan de kerk. e. Water: Het water zal verdeeld worden volgens morgen grond, gerekend naar al de bouwgronden thans in gebruik op de plaats. Alle eigenaars en huurders van drooge erven zullen het recht hebben water voor huisdoeleinden te gebruiken. Kerkgangers en bezoekers die niet grond bezitten, zullen het recht op weigrond en water voor gebruik hebben. f. Een halven morgen zal voor de Zending gegeven worden.”Die hoeksteen is uit Italië bestel en op 28 November 1900 is die hoeksteenlegging waargeneem deur ds. J A Beyers.

Schoemanshoek met die Swartberg in die agtergrond.

Jurgen Schoeman, die derde kind van die stamvader, vestig hom te Roodewal aan die Grobbelaarsrivier, ongeveer halfpad tussen Oudtshoorn en die Kangogrotte. Hier het mettertyd ‘n sametrekking van verskillende Schoeman-gesinne ontwikkel wat as Schoemansdorp en later Schoemanshoekbekend geraak het. Volgens ‘n sensus wat ds. Van der Riet in 1857 opgeneem het, het 118 persone toe op Schoemansdorp gewoon. Geleë in die vrugbare Grobbelaarsrivier vallei waar besproeiingsmoontlikhede vir die grootste deel van die jaar bestaan het, het hierdie gemeenskap een van die mees welvarende in die distrik geword. Wynbou was naas vee- en graanboerdery baie belangrik. Teen die middel van die veertigerjare van die 19de eeu is hierdie plaas die hoogste gewaardeer in die veldkornetskappe Attakwaskloof, Bo- en Onder-Olifantsrivier en die Kango.

Die pioniersdrif het ook deurgetrek na die Schoeman nageslag. So was die kleinseun van Jurgen;Stephanus “Stormvogel van den Noorden” Schoeman, gebore op 15 Maart 1810 in Schoemanshoek as die vyfde kind van Hendrik Schoeman en Regina Catharina Scheepers,’n kleiner trekkerleier onder sy eie vlag. In 1837 het Stephanus, sy jonger broer Marthinus Gerhardus (gebore 9 Oktober 1813) en nog ‘n broer met ‘n vierperdewa ’n verkenningstog na Natal onderneem om die moontlikheid te ondersoek om na die binneland te verhuis. Stephanus het hom by Andries Pretorius se groep in Natal aangesluit waar hy hom aanvanklik in Pietermaritzburg vestig en op 16 Desember 1838 neem hy deel aan die Slag van Bloedrivier.Marthinus verhuis ook na die binneland en bring druiwe en stoomketels saam.

Die trekleiers Andries Potgieter en Andries Pretorius se uiteenlopende standpunte oor die Engelse het persoonlike verwydering tussenhulle veroorsaak.Stephanus Schoemanword ’n sterk ondersteuner van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter, wat na sy terugkeer van Natal sy plan deurgevoer het om na Transvaal te trek, waar hy Mooiriviersdorp,vandag bekend as Potchefstroom,stig. In 1847 volg Stephanus vir Potgieter na Mooirivier, waar hy as lid van die heemraad vir Potchefstroom verkies is en later as kommandant. Na ’n skermutseling met die Engelse,vestig Marthinus Gerhardus Schoeman hom in 1856 ook aan die Transvaal kant van die Vaalrivieren verkry transportvan die plaas Nooitgedacht,geleëin die distrik Potchefstroom,aan die oewer van die Vaalrivier by Schoemansdrift. Schoemansdrift-brug is ‘n enkelbaanbrug oor die Vaalrivier tussen die Noordwesprovinsie  en die  Vrystaat in die Vredefort-area, wat vandag veral bekend is vir die Vredefortkoepel wêrelderfenisgebied. Marthinus noem die opstal Schoemanshof en het ook ’n aandeel gehad in die stigting van die Gereformeerde kerkin Potchefstroom,wat op 12 Januarie 1867 in gebruik geneem is.

Kommandant-Generaal AndriesPotgieter en sommige van sy volgelinge het intussen na die Soutpansberg in die noorde van die Transvaal getrek en die plan was dat sy seun,Piet Potgieter, hom sou opvolg. Dié is egter in November 1854 oorledetoe hy deur ‘n skoot uit die grotte by Makapansgat,in die geveg tussen die Voortrekkers en die Kekana Ndebele getref word. Sy lyk is deur sy vriend, Paul Kruger uitgedra. Die Soutpansbergers het toe vir Stephanus Schoeman versoek om as hul kommandant-generaal op te tree. Op1 Junie 1855 word Schoeman ingesweer asdie leier van die Potgieter-groep,  en die belangrikste leier in die noorde.Schoemansdal word ’n florerende handelsentrumen bou goeie verhoudings met die Portugese in vandag se Mosambiek.Op 16 Januarie 1857 word Mathinus WesselPretorius deur ds. Dirk vander Hoff te Potchefstroom ingesweer as eerste Staatspresident van die Zuid Afrikaanse Republiek en word die Vierkleur vlag van die Republiek die eerste keer gehys. Stephanus Schoemanword totKommandant-generaal van die ZAR verkies, engevolglik verhuis hy na Pretoria,die nuwe regeringsetel, waar hy ‘n groot gedeelte van Rietfontein besit het. Sy plaas, bekend as Klein Schoemansdal, was geleëin die omgewing waar die Pretoria Dieretuin vandag is en waarvan Bloedstraat ook deel was.

Schoeman, wat ‘n goeie opvoeding geniet het, was’n voorstander van die hervorming van die Transvaalse konstitusie wat by die Sandrivierkonvensie aanvaar is, en ‘n kranige teenstander van Kruger gedurende die 1860’s.Hierdie vormingsjare van die Zuid-Afrikaansche Republiek was ’n tyd van stryd en versoening en Stephanus Schoeman het ’n aktiewe rol hierin gespeel.In 1859 het president Pretorius ook president van die Oranje Vrystaat geword en met die sterk steun van partye weerskante van die Vaalrivier, het hy gehoop om die twee Boererepublieke so te kan verenig.Toe President Pretorius nie toegelaat is om president van beide die ZAR en die Oranje Vrystaat te wees nie, hetdit grootverwarring en verdeeldheid tot gevolg gehad.Dr. J. A. Coetzee kom in sy proefskrif “Politieke Differensiëring in die Wording van die Afrikanernasie“,tot die gevolgtrekking dat hierdie toestand nie sou ontstaan het as Sir George Grey, die Britse Hoë Kommsaris in Kaapland,hom nie teen die strewe van vereniging met Tranvaal verset het nie. Volgens Coetzee het hierdie mislukking gelei tot die neutralisering van ’n deel van die Afrikanerdom ten opsigte van Suid-Afrikaanse nasieskap.Kommandant-generaal Schoeman het aanspraak gemaak dat hy in terme van die Grondwet as oudste lid van die Uitvoerende Raad waarnemende President moes wees, maar J. H. Grobler,‘n swaer van Andries Potgieter is as waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) deur die Volksraad verkies. Nadat Hans Grobler onder druk bedank het, het Stephanus Schoeman self die amp waargeneem hangende ’n verkiesing, maar toe die verkiesing onder die omstandighede ’n bietjie langer uitbly, het Grobler hom op Kommandant Paul Kruger beroep. Hierdie „ongrondwetlike“ oorname van die presidensie vanaf 6 Desember 1860 tot 17 April 1862het ’n stryd laat ontbrand tussen die Volksraad en Kommandant-generaal Schoeman, waarin Paul Kruger hom aan die kant van die Volksraad geskaar het. By Schoeman het dit nie gegaan teen die oppergesag van die Volksraad nie, maar oor die oppergesag van die bestaande Konstitusie, wat voorsiening gemaak het vir ’nWetgewende Gesag sowel as ’nUitvoerende gesag. Hierdie stryd oor konstitutionele verskille sou aanleiding gee tot die Tranvaalse burgeroorlog tussen die Volksleger (Volksweermag), wat Schoeman ondersteun het, en die Staatsleger (Staatsweermag), wat vir Kruger ondersteun het.

President Pretorius het nie self aan die stryd deelgeneem nie, maar telkens opgetree as bemiddelaar tussen Paul Kruger en Stephanus Schoeman. Uiteindelik was dit President Jan Brand van die Vrystaat wat die Transvalers aangeraai het om ’nalgemene amnestie af te kondig en waarlik vrede te maak.In Oktober 1864 is Stephanus Schoeman eervol as waarnemende Staatspresident, Kommandant-generaal en lid van die uitvoerende Raad van die ZAR ontslaan. Volgens Dr Gustav S. Preller se vertelling van Pretoria is hiermee ook die Voortrekker-periode van Pretoria se geskidenis beëindig.Na sy afsterwe op 19 Junie 1890 is Stehanus Schoeman in die Helde-Akker van Pretoria begrawe. Sy grafskrif lui: “Hier legt de stryder moë gestreden zijn hoofd ter ruste neder.” Schoemanstraat(vandag bekend as Frances Baard Street), is na hom vernoem en so ook die dorp, Schoemansdal in Limpopo.

EPILOOG:

In die biografie“n Duitser aan die Kaap”, maak Karel Schoeman die stelling dat “Vir niemand behalwe homself was sy koms van enige belang nie, en vir niemand behalwe sy regstreekse nasate is dit vandag selfs interessant nie, maar dit besit tog ’n sekere simboliese waarde.”Vir sy nageslag sou sy nalatenskap tog meer wees as net ’n verteenwoordiger van ’n groep ongeletterde, besitloseblanke mans,wat hier uitgespoel en soos Appel dit stel, grootliks ‘n nomadiese bestaan gevoer het. Vir duisende jare is die omgewing waarin Heinrich hom in Afrika sou vestig en leef, bewoon deur nomadiese jagter-versamelaars, maar Schoeman se lewe toon’n werksetiek en strewe na ’n beter toekoms in ’n nuwe en komplekse land, waarin hywaagmoed toonen die landbou ontwikkel, ongeag vele terugslae en eie tekortkominge.As een van die vroeë pionierboeresou sy nageslag verhoudings met mede inwoners uitworstel, welvaart bouen uiteindelik op vele terreine presteer, waarvan sekerlik die belangrikste,die oordraging was vandie fundamentele waardevan hart en mond en daad en lewe vir Christus.

BRONTEKS

Martha Olivier en die kinders

MARTHA OLIVIER

Die gerestoureerde opstal Clara Annaas Fonteijn

Gedoop 13 Februarie 1718 – datum van dood onbekend, vermoedelik 1758.

Sy was bekend as Marhtie en agtien jaar oud toe sy as oudste dogter van Johannes (Jan) Olivier (gedoop op 7 November 1683) en Helena (Lena) Burger(gedoop op 10 Julie 1701)met Hendrik Schoeman getroud is.Aan moederskant het haar verbintenisse met die Kaap terug gestrek na die Cloetes en die Van der Merwes.

Martha was die kleinkind van die stamvader Hendrick Corneliszoon Olivier, oorspronklik van Ouwerkerk, distrik Schouven-Duiveland in die provinsie Zeeland. Hy kom in 1667 na die Kaap as vryburger en word eienaar van ‘n plaas in Tijgerberg aan die de Rivier de Liesbeecq. Op 30 Mei 1677 tree hy in die huwelik met Beatrix Gisjbertha Verweij van Woerden, Nederland. Met sy afsterwe in 1701, het hy die grond langs de Liesbeeckrivier en grond in Tygerberg, later bekend is as Clara Annaas Fonteijn, aan sy weduwee agtergelaat. Volgens die skrywers Anna Böeseken en Margaret Cairns het Beatrix haarself as bekwame boer bewys: “Die formidabele Beatrix Verwey, weduwee van Hendrik Olivier was na Jan Haermse Potgieter, die eerste aangetekende persoon aan wie weidingsregte in die streek toegestaan ​​is vanweë haar uitgebreide landbou-aktiwiteite regdeur die Kaapse distrik, veral in die Tygerberg-omgewing en was sy as “Landbouweresse” bekend. Beatrix is ​​omstreeks Januarie 1741 in Tygerberg oorlede en het die meeste van haar nege kinders oorleef.

Uit die huwelik is vier kinders gebore;

Johannes Hendrikgedoop in Drakenstein op 6 Oktober 1737 met die moeder se ouers as getuies. Getroud met Petronella Bekker op 25 September 1757 en oorlede in 1810.

Kinders (12): Johannes Hendrik Schoeman, Sara Maria Schoeman, Stephanus Johannes Schoeman,Martha Dorothea (Schoeman) Terblanche, Johannes Schoeman, , Johannes Jurgen Schoeman (vroeg oorlede), Petrus Johannes Schoeman, Sara Maria (Schoeman) Snyman, Petronella Jacoba (Schoeman)Bekker, Johannes Jurgen Schoeman, Hendrik Nicolaas Schoeman en Marthinus Johannes Schoeman

Helena Dorotheagedoop op 3 Mei 1739 in Drakenstein met die moeder se ouers as getuies. Getroud op 22 Februarie 1756 met Stephanus Johannes Bekker (Becker) en oorlede in April 1809 in De oude Muragie in die Cango distrik.

Kinders (11): Stephanus Johannes Bekker, Martha (Bekker) van Wyk, Sara (Bekker) van Vuuren, Helena Dorothea (Becker) Scheepers, Hendrik Bekker, Maria Helena (Bekker) Schoeman, Marthinus Bekker, Anna Catharina Bekker, Anna Catharina (Bekker) Schoeman, Johannes Jurgen Bekker en Petronella (Bekker) van Jaarsveld.

Jurgengedoop op 6 Augustus 1740 in Drakenstein met as getuies, Jurgen Schoeman en Johanna de Villiers. Getroud met Dorothea Maria Bekker op 6 Maart 1768 en oorlede ongeveer 1811 in Roodewal, Schoemanshoek.

Kinders (7): Johannes Jurgen Schoeman, Hendrik Schoeman, Stephanus Schoeman (vroeg oorlede),  Sara Maria (Schoeman) Bekker, Stephanus  Schoeman, Johannes Hendrik Schoeman en Sara Maria Dorothea Schoeman.

Nicolaasgedoop op 8 Maart 1744 in Drakenstein met as getuies die moeder se suster Beatrix Olivier en haar eggenote Johann Herman Lategan – Nicolaas is vroeg oorlede.

BRONTEKS

Jürgen Jansen Schoeman en Johanna de Villiers

a2 JÜRGEN(JANTZ) SCHOEMAN

Gebore circa 1692 – oorlede waarskynlik 1777

Jürgen Jansen Schoeman soos hyself sy naam geskryf het, wasdie stamvader van een van drie pionier families Schoeman in Suid-Afrika. Sy plek van herkoms word aangegee as Dithmarschen, ’n landstreek geleë aan die westelike deel van die voormalige hertogdom Holstein en slegs ongeveer 11km vanaf Friederichstadt soos die kraai sou vlieg.Dit is dus moontlik dat Jürgen en Hendrik familie kon wees, synde Hendrik Schoeman se derde kind vernoem is na Jurgenen hy saam met sy eggenote op 6 Augustus 1741, as getuies opgetree het by die doop van Hendrik en Martha se seun.Soos Hendrik is sy oorspronklike naam onbekend.Dit wil voorkom of hy ongeveer in 1733 aan die Kaap aangekom het, want die eerste verwysing na hom is in 1734, toe Jurgen Janz Schoeman weidingsregte aan die Breederivier bekom van Jacob de Villiers. In die algemene Monsterrolle van militêre kompanieë in Drakenstein vir Oktober 1753, wat deur die bewindhebbers van die Kaap opgestel is, word ook genoem dat Jürgen Janz ‘n trompetter was, in die kompanie van Johannes Louw Pieterz. Duitse trompetters was gedurende die 1600’s by die Kasteel werksaam, en in die 1700’s het die getal Duitse blasers so toegeneem dat die grootste meerderheid trompetters en pypers van die Kaapse garnisoen van Duitse afkoms was.

Die inskrywing in die huweliksregister van Drakensein op 13 Desember 1739 lui soos volg: “Juriaan Janz Schoeman van Ditmars, burger aan Drakensteijn jongman en Johanna Villiers van Cabo de Goede Hoop, weduwee wyle Willem Adolf Crego..”Uit hierdie huwelik is twee kinders gebore, maar teen ongeveer 1754 is Jürgen van Johanna geskei en albei partye het versoeke aan die owerheid gerig vir toesig oor Jacob, wat toe in sy tienerjare moes gewees het. Adolf Krige, Johanna se eerste man, het met sy dood in 1739 skuld agtergelaat, wat klaarblyklik gedeeltelik Jurgen se verantwoordelikheid geword het, Aanvanklik het dit finansieel betreklik goed gegaan en is 15 perde, 60 beeste en 500 skape aangetoon in die opgaafrol van 1741, die jaar waarin hy as getuie opgetree het by die doop van Jurgen. Later hetsy finansiële posisie egter sodanig verswak, dat die Kaapse kerkraad in 1777, die jaar waarin Jurgen waarskynlik oorlede is, ’n toelae aan homtoegeken het.

JOHANNA DE VILLIERS

Gedoop 6 Oktober 1697 in Drakenstein– oorlede op 15 Maart 1763 in Drakenstein.

Johanna is oorspronklik op 11 Desember 1729 met Wilhelm Adolph Krige getroud en uit hierdie huwelik is drie seuns en ’n dogter gebore.

Sy was die dogter van Jacques (Jacob) de Villiers, gebore omstreeks 1661, van La Rochelle, Frankryk. Daar word gereken dat hy oorspronklik eintlik van Boergondië gekom het en via La Rochelle gevlug het. Jacques was ‘n Franse Hugenoot wat in 1689 op die Zion uitgekom het saam met sy broers Abraham en Pierre en gevestig het te La Bri en later Boschendal, waar hy op 17 Mei 1735oorlede is.Jacques is getroud met Marguerite Gardiol,gebore op 2 Oktober 1670 in La Coste in Provence,Frankryk.

Uit die huwelik is twee kinders gebore;

Jacob Schoeman is op 4 Desember 1740 in Drakenstein gedoop met as getuies Jacob Hugot en sy eggenote Rachel de Villiers, ’n suster van Johanna. Hy is op betreklik gevorderde leeftyd op 13 November 1803 in Kaapstad getroud met Alida Jacoba Buys, die weduwee van Marthinus Ackerman. Geen kinders is uit hierdie huwelik gebore nie en hy is oorlede te Paarl op 27 Januarie 1818.

Johannes Stephanus Schoeman gedoop in Drakenstein op 11 Augustus 1743 met as getuies Stephanus Marais en Louisa Joubert. Hy is waarskynlik baie jonk oorlede.

BRONTEKS

Daniël Jochem Schoeman en Martha Margaretha Esterhuyzen

a3 DANIËL JOCHEM (SCHUMANN) SCHOEMAN

Gebore circa 1728 – oorlede 29 November 1763

Daniël is die derde stamvader van een van drie families Schoeman in Suid-Afrika. Met die vestiging van die verversingspos aan die Kaap was dit slegs vier jaar sedert die sluiting van die Vrede van Westfale wat die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) in Europa beëindig het. Inwoners van die Duitssprekende gebiede het gevlug van die verwoesting wat deur die oorlog veroorsaak is en onder meer in Nederland ’n heenkome gevind. Daniel is afkomstig van Mecklenburg in Duitsland, waarvandaan uiteindelik ’n groot deel van die bevolking tot die laat 19de eeu sou emigreer.Gevolglik was meer as ’n derde van die Europeërs aan die Kaap in die tydperk voor 1800 van Duitse afkoms.Die Duitsers is gesien as hardwerkend en reeds op 29 Junie 1691 skryf Simon van der Stel aan die Here XVII dat ofskoon die Kaap nog meer koloniste nodig het, hy nie nog Franse wil hê nie.Veral nie “franse Cadets of personen van qualiteit, maar wel arbeijdsame en vrome boeren en handwerksluijden waar onder de Nederlanders en hoogduijtschers bevonden zin, an ander natien hier de love af te steeken."

Wat sy familienaam oorspronklik was is nie seker nie – moontlik Schumann? Die historikus en skrywer Chris Schoeman verwys in sy webblad na sy voorouer, Daniel Joachim Schumann wat op 22 April 1750 aanboord die Admiraal de Ruyter onder bevel van kaptein Bastiaan Verdoes in Valsbaai in die Kaap ge-arriveer het. Tydens Daniel se aankoms was Hendrik Swellengrebel die goewerneur. In die Kaap doen hy aanvanklik diens as soldaat onder kaptein Friederich Rhenius.

Op 19 Augustus 1759 is Daniël Jochem Schoeman in Stellenbosch getroud met Martha Margaretha Esterhuyzen. Hy word deur Rijk Tulbagh toestemming verleen om ’n vryburger te word en vestig hom op weidingsgrond aan ‘het Kruijspad’ by Duyvenheuwel. Hierdie granietkoppienaby die hedendaagse Brackenfell, was later bekend as Kanonkop. Dalena Vollgraaff noem in haar boek “Brackenfell van toeka tot nou” dat Daniël as seinman opgetree het by Duyvenheuwel, een van die seinposte waarvandaan die burgers met kanonskote gewaarsku moes word teen naderende vyande.Sy vertel verder dat nadat Andries Brink in 1888 die plaas Kruispad gekoop het, het hy en Piet Morkel van die plaas Bellevue (gestig in 1701) op ’n dag teen Kanonkop uitgery, waar hulle op die ou Finspong kanon afgekom het. Brink het dit aan Morkel geskenk en die kanon staan nou voor die gerestoureerde Kaaps-Hollandse herehuis (wat dateer uit 1803)op die Bellevue landgoed,in die Bottelary heuwels buite Stellenbosch.

MARTHA MARGARETHA ESTERHUYZEN

Gedoop 25 Desember 1742 in Stellenbosch – datum van dood onbekend.

Sy was die dogter (die agste van tien kinders) van Wilhelm Esterhuyzen circa 1701, die seun van die stamvader van die Esterhuyzens wat in 1692 in die Kaap aangekom en in 1724 te Bottelary naby Stellenbosch oorlede is. Haar moeder was Johanna Carelse van den Burgh, gebore in 1701.

Uit die huwelik is drie kinders gebore;

Christoffel AndriesSchoemangedoop I Junie 1760 in Stellenbosch met as getuies Adriana Weyer en Christoffel Huyske. Getroud met Susanna Carolina Trägårdh (Trichardt) op 1 Mei 1791 en oorlede op 16 Augustus 1836 te Buffelsfontein, Pearston.

Kinders (10): Willemina Lodewica (Schoeman) Kotze, Daniel Joachim Schoeman, Jacob Gustaaf Schoeman, Christoffel Andreas Schoeman, Karolus Gustaaf Schoeman, Wilhelmus Jacobus Schoeman, Johannes Lodewicus Schoeman, Martha Margaretha (Schoeman) Steenberg, Stephanus Cornelis Schoeman en Christiaan Frederik Schoeman.

Anna Elizabeth Schoemangedoop 18 Julie 1762 in Kaapstad en getroud ongeveer 1802 met die wewenaar Willem Esterhuyzen, gedoop 14 Julie 1766. Kinders:  Daniel Wilhelmus Esterhuyzen

Daniel Wilhelm Schoeman gedoop 1 Julie 1764 in Kaapstad met as getuies Hendrik Meyer en Maria Kriel. Getroud met Anna Catharina Hattingh op 7 Desember 1794 en oorlede op 6 April 1848 te Kleurfontein, Cradock.

Kinders (10): JohannesHendrik Schoeman, Daniel Wilhelmus Schoeman, Johannes Arnoldus Schoeman, Gerhardus Schoeman, Martha Margaretha (Schoeman) de Klerk, Maria Johanna Elizabeth (Schoeman) de Klerk, Christiaan Jacobus Andreas Schoeman, Christiaan Frederick Schoeman, Francois Martinus Schoeman en  Johannes Mattheus Lodewyk Christoffel Schoeman

BRONTEKS

Die Schoeman-geslagsregister

DIE SCHOEMAN GESLAGSREGISTER

Volgens J.A. Heese kan ons genealogie in ‘n enger en ruimer betekenis definieer.  “ In die engere betekenis is die genealogie die studie van die familieverbintenisse van wesens en die opeenvolging van die generasies.“ Hierdie opvatting word weerspieël in die manier waarop genealoë die resultate van hul navorsing opstel: in stambome, in stamreekse en in kwartierstate. In ruimere sin is genealogie te vereenselwig met familiegeskiedenis.  Die publikasie “Handleiding vir genealogiese navorsing in SuidAfrika“deur RTJ Lombard beskryf genealogie enersyds as die bestudering van afstammingslyste, maar andersyds in ʼn breëre sin as die studie van die sosiale en kultuurgeskiedenis van ʼn bepaalde familie. Die woord “genealogie” is saamgestel uit die Griekse woorde genos (geslag of familie) en logos (woord, rede of kennis). Dit is dus letterlik die verkryging van kennis van ʼn geslag of familie (Lombard 1984:3). Genealogie is nie altyd akkuraat nie en baie vind daarin geen waarde nie, maar vertellings oor die stryd en die vreugdes van vorige generasies,vind wel by die meeste persone aanklank. Ongeag wie van wie ons afstam, is dit hul stories wat ons fassineer en daarom behoort ons ons genealogie te kan geniet.

Stamboom (Genealogie)

Dit is die mees algemene vorm van familienavorsing en vertak soos ‘n regte boom.

Rigting: Beweeg van die verlede na die hede.

Fokus: Dit begin by een spesifieke stamvader of egpaar en sluit alle kinders, kleinkinders en agterkleinkinders in.

Inhoud: Dit dek al die sytakke (neefs, niggies, ooms en tantes) met dieselfde van.

Stamreeks

Hierdie is ‘n baie smal, liniêre rekord.

Rigting: Beweeg gewoonlik van die verlede na die hede.

Fokus: Dit volg slegs die direkte lyn van vader na seun (die agnatiese lyn).

Inhoud: Geen broers, susters of ander sytakke word ingesluit nie. Dit wys net jou pa, sy pa, sy pa se pa, ensovoorts, tot by die eerste stamvader met jou van.

Kwartierstaat

Hierdie rekord lyk soos ‘n omgekeerde piramide en fokus op die bloedlyne wat saamvloei in één persoon.Die onderliggende uitgangspunt van ‘n kwartierstaat is dat elke persoon ‘n vader en moeder het.

Rigting: Beweeg van die hede na die verlede.

Fokus:’n Kwartierstaat begin met ‘n afstammeling of geselekteerde persoon, man of vrou, wat die basispersoon word, # 1 – die eerste generasie.

Inhoud:Daar is ‘n ritme in die nommeringstelsel: Die basispersoon is nommer 1; sy / haar vader kry dubbel hierdie nommer en sy / haar moeder dubbel-plus-een; en hierdie proses kan geslag na geslag herhaal word.

Die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika (GSSA) is gebore uit ‘n diep belangstelling in genealogie: ‘n klein groepie uitgesoekte persone het op 18 Junie 1964 bymekaargekom rondom ‘n droom om ‘n organisasie te stig wat toegewy is aan die studie van genealogie en familienavorsing in die algemeen.Die doelwit is om belangstelling en navorsing in geslagsregisters en familiegeskiedenis vir huidige lede te bevorder en te fasiliteer.

Die genealogie van die Schoeman familie is goed nagevors, waarvan Die Schoeman Geslagsregister van HJ van S Schoeman, uitgegee in 2002,seker een van die omvattendste gedrukte bronne is.Annemarie Dreyer verkoop die elektroniese kopie namens die skrywer se kinders.

annemarie.dreyer.ggsa@gmail.com

Vandag is daar verskeie internet webtuistes waar jy jou familiegeskiedenis kan verken.Sommige van die platforms soos AncestryDNAbied selfs ’n diens om jou DNA agtergrond te toets en miskien het dit waarde vir mediese genetika. Dieaanlyn genealogie platform MyHeritage, geloods in 2003, is baie bekend:

Geni is ‘n Amerikaanse kommersiële genealogie en sosiale netwerk-webwerf wat in 2006 gestig is en sedert November 2012 deur MyHeritage besit word.Dit is Ietwat beperk sonder ‘n betaalde intekening, maar darem heel bruikbaar.

Die NG-Kerk Argief is een van die beste bronne vir familie navorsing in Suid Afrika.

Die FAK Genealogielessenaar is in Januarie 2020 gestig om by te dra tot die bewusmaking, bewaring en trots op ‘n persoonlike familie erfenisbinnedie Afrikaanse kultuur.Die Schoeman familiegeskiedenis is een van die projekte wat hierdie kantoor aangepak het. Die FAK genealogielessenaar kan jou bystaan met jou persoonlike Schoemanfamiliegeskiedenis:

Geslagsregisters is van die mees algemeense ondersoeke wat gedoen word. Dit is nie noodsaaklik om ’n genealogiese program te gebruik om ’n stamboom te publiseer nie.Die nommeringstelsel wat algemeen in Suid-Afrika gebruik word, is die sogenaamde De Villiersen-Pama-metode. Aan die stamvader word die letter a toegeken. Die volgende geslag is b, ensovoorts. Die eerste gebore kind is 1, die volgende 2, ensovoorts. “Millennia” se Legacy Family Tree is ’n gewilde program onder Suid-Afrikaanse genealoë. Daar bestaan ’n Afrikaanse weergawe en Legacy kan GEDCOM lêers oorskakel na die De Villiers-en-Pama stelsel. GEDCOM genealogiese sagteware staan vir Genealogical Data Communications. Dit is ’n eenvormige formaat vir die uitruil van gerekenariseerde genealogiese data en bevat inligting oor individue met skakels wat die data met mekaar verbind. GEDCOM is belangrik vir die gemaklike uitruil van inligting, die opspoor van teenstrydighede en om grafiese voorstellings soos waaierkaarte (fan charts) te maak.

BRONTEKS

Vrywaring en samesteller

VRYWARING VAN AANSPREEKLIKHEID

Hierdie skrywe is nie ’n amptelike of regsdokument nie, maar is ’n samestelling van inligting wat uit verskillende bronne deur my ingesamel is. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir die korrektheid van die gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie. Daar word voorgestel dat persone wat van hierdie bron gebruik maak, self eers die gegewens kontroleer.

Petrus Jacobus Schoeman

Scroll to Top